Andrew Jackson

Andrew Jackson
7de President van die Verenigde State
Ampstermyn 4 Maart 1829 – 4 Maart 1837
Voorganger John Quincy Adams
Opvolger Martin Van Buren
Geboortedatum 15 Maart 1767
Geboorteplek Waxhaws, The Carolinas
Sterftedatum 8 Junie 1845
Sterfteplek Nashville, Tennessee
Eerste Dame Rachel Donelson
Politieke party Demokraat
Visepresident John C. Calhoun (1829–1832)
Geen (1832–1833)
Martin Van Buren (1833–1837)
Handtekening

Andrew Jackson (15 Maart 1767 – 8 Junie 1845) was die sewende President van die Verenigde State (1829 – 1837). Hy was 'n bevelvoerder in die Amerikaanse Weermag tydens die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812. Tydens sy ampstermyn het Arkansas (15 Junie 1836) en Michigan (26 Januarie 1837) die 25ste en 26ste deelstate van die Verenigde State van Amerika geword.

Jackson was 'n stigterslid van die Demokratiese Party en was die eerste Demokratiese president. Hy was bekend as Old Hickory (letterlik: ou neutboom, maar in die Verenigde State 'n uitdrukking wat gebruik word om sterk, geharde mense aan te dui).

Jackson was die seun van Ulster-Skotse immigrante uit Carrickfergus en die eerste Amerikaanse president wat uit Ulster afkomstig was. Hy het reeds bekendheid verwerf as militaris voordat hy sy politieke loopbaan begin het.[1]

  1. Ulster-Scots Heritage Council: Four Centuries of Ulster-Scots Connections. Brosjure sonder jaargetal, Belfast

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search